Breast Buddies Challenge 2026
Trap met'n doel.
1010 km. 3 ure. Een gemeenskap.
- Datum
- 17 Oktober 2026
- Tyd
- 09:00–12:00
- Plek
- The Towers, Langenhovenpark
'n Oggend van beweging, bewustheid en fondsinsameling saam met The Local Choice Pharmacy Towers — ten bate van Hospice Bloemfontein.


Meer as
'n uitdaging.
Die Breast Buddies Challenge bring Bloemfontein bymekaar met drie doelwitte: om bewustheid oor borskanker te verhoog, borsondersoeke vir vroeë opsporing aan te moedig en geld in te samel vir Hospice Bloemfontein.
Dit is 'n gemeenskapsgeleentheid vir almal — of jy nou trap, roei, uitdaag, skenk of net kom ondersteun.
Vroeë opsporing is belangrik.
Die uitdaging
1010 km, saam as 'n gemeenskap,binne 3 ure.
1010
Kilometer
3
Ure
15
Spinning fietse
15 spinning-fietse, saam met HYMN CrossFit. Ons doel is om saam as 'n gemeenskap 1010 km binne 3 ure af te lê.
Ons mik vir
R100 per kilometer
Met borgskappe wil ons R100 vir elke kilometer wat afgelê word, insamel.
Neem deel
Almal kan deelneem.
Jy hoef nie 'n atleet te wees nie. Daar sal ook 5 fietse en roeimasjiene beskikbaar wees vir die gemeenskap — jonk en oud is welkom. Skenkings van enige bedrag is welkom.
Trap
Kom trap 'n paar kilometer saam. Elke kilometer help.
Roei
Verkies jy die roeimasjien? Kom roei saam.
Daag uit
Pak 'n HYROX-styl uitdaging aan en daag jou vriende of familie uit.
Skenk
Kom ondersteun die deelnemers. Skenkings van enige bedrag is welkom.
Lus vir 'n uitdaging?
Pak een van die HYROX-styl uitdagings aan en daag jou vriende of familie uit. Daar sal verskeie uitdagingstasies rondom die fietse wees waar jy kan deelneem en terselfdertyd die fondsinsameling ondersteun.
Pryse & aktiwiteite
Meer as net1010 km.
Spinning-fietse, gemeenskapsfietse, roeimasjiene en HYROX-styl uitdagings — en pryse op die spel.
Veiling · Fondsinsameling
Getekende Cheetahs-trui
'n Getekende Cheetahs-trui word ook vir 'n veiling beplan om nóg fondse vir die dag in te samel.

Pryse
Daar sal baie pryse op die spel wees vir deelnemers en ondersteuners.
Gelukstrekkings
Gelukstrekkings deur die loop van die oggend — staan 'n kans om te wen.
Klein kompetisies
Kort, lekker kompetisies waaraan enigeen kan deelneem.
Gemeenskapsuitdagings
Daag jou vriende uit by die HYROX-styl uitdagingstasies en ondersteun terselfdertyd die fondsinsameling.
Iets te ete.Pret vir die kinders.
Bring die hele gesin — daar sal ook iets te ete wees, en vir die kleingoed word pret beplan.
- Worsbroodjies
- Pick n Pay beplan om worsbroodjies te verkoop, met 'n deel van die opbrengs wat tot die fondsinsameling bydra.
- Produkte & proe
- Van die deelnemende maatskappye sal ook produkte en proegeleenthede op die dag aanbied.
- Springkasteel
- 'n Springkasteel word vir die kleingoed beplan.
- Gesigverf
- Gesigverf word ook beplan sodat die kinders deel van die dag kan wees.
Gratis borsondersoekein Oktober
Die hele Oktober bied The Local Choice Pharmacy Towers gratis kliniese borsondersoeke aan.
Op 17 Oktober sal 'n mediese beampte van 'n onkologiepraktyk ook beskikbaar wees vir borsondersoeke en, waar nodig, verwysings vir verdere ondersoek.
Borsondersoeke kan 'n belangrike rol in vroeë opsporing speel.
Regstreeks van The Towers
OFM kuier saam
OFM se Pop-Up-stasie is van 08:00 tot 12:00 by die geleentheid.Shandor Potgieter is die seremoniemeester vir die dag.


Begunstigde
Ten bate vanHospice Bloemfontein
Die Breast Buddies Challenge 2026 samel fondse in ten bate van Hospice Bloemfontein.
Met die ondersteuning van
Ook betrokke
Bloemfontein Coffee Roasting · Pharma Dynamics · Cipla Medpro · Aspen Pharmacare · The Local Choice-franchise
17 Oktober.Kom ons beweeg Bloem saam.
Kom trap, roei, daag uit, skenk of ondersteun.
17 Oktober 2026
09:00–12:00
The Towers, Langenhovenpark
Bloemfontein








